Pannekoek (met of sonder Turkse Lekkers)
Serves 20 30 min

'n Vinnige meng-net-en-bak pannekoekresep van Annamie Killerby, opsioneel gevul met Turkish Delight en rooswater.
Ingredients
- 4 eiers
- 4 cup meel
- 4 cup water
- ½ cup olie
- 2 tsp sout
- ¼ cup wit asyn
- 4 tsp bakpoeier
- 'n paar druppels rooswater (opsioneel)
- olie vir die pan
- kaneelsuiker, vir bediening
- suurlemoen, vir bediening
- Turkish Delight in sjokolade, opgesny (opsioneel, vir bediening)
Method
- Klits die eiers in 'n groot mengbak.
- Sif die meel en sout saam.
- Voeg die meel by die eiers en die water. Klits goed.
- Meng die olie en asyn by.
- Voeg laaste die bakpoeier by.
- Bak die pannekoeke.
- Strooi kaneelsuiker oor, of vou stukkies Turkish Delight in die warm pannekoek en vou in waaiervorm of rol op.