Outydse vlaskywe in die mikrogolfoond

Serves 12
Outydse vlaskywe in die mikrogolfoond
Share on WhatsApp

Ingredients

  • 200 g Cream Crackers (24 koekies)
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 125 ml vlapoeier
  • 1 liter melk
  • 80 g botter, in blokkies gesny
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 g witsjokolade, gesmelt

Method

  1. Voer 'n bak van ongeveer 20 x 15 cm en 2 cm diep met kleefplastiek uit.
  2. Pak 'n laag Cream Crackers onder in die bak en sorg dat die breeklyne almal in dieselfde rigting wys.
  3. Meng die suiker, vlapoeier, melk, botter en vanielje in 'n mikrogolfbestande bak.
  4. Mikrogolf die mengsel op hoog vir 10–15 minute en roer elke 2 minute om klonte te voorkom.
  5. Wanneer die vla dik en gaar is, haal dit uit die mikrogolfoond en giet dit versigtig oor die beskuitjies.
  6. Smeer die vla gelyk en pak die oorblywende Cream Crackers bo-op, met die breeklyne in dieselfde rigting as die onderste laag.
  7. Laat die vlaskywe oornag in die yskas stol.
  8. Giet die gesmelte witsjokolade oor en laat dit stol.
  9. Keer uit en sny in skywe volgens die breeklyne van die Cream Crackers.
🚨