Gemmerkoekies
Serves 40

Ingredients
- 280 g (500 ml) koekmeel
- 420 g (250 ml) strooisuiker
- 2,5 ml koeksoda
- 5 ml kaneel
- knippie sout
- 10 ml fyn gemmer
- 125 g (135 ml) botter, by kamertemperatuur
- 1 eier
- 5 ml gouestroop
Method
- Verhit die oond tot 180°C en plaas die oondrak in die middel.
- Sif die koekmeel, strooisuiker, koeksoda, kaneel, sout en gemmer saam.
- Vryf die botter met jou hande by die droë bestanddele in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
- Klits die eier en gouestroop saam.
- Meng die eiermengsel met die droë bestanddele totdat 'n deeg vorm.
- Rol die deeg in klein balletjies en rangskik dit op 'n uitgevoerde, gesmeerde bakplaat met genoeg spasie tussen die koekies.
- Bak vir ongeveer 15 minute.
- Maak die koekies van die bakplaat los en laat hulle op die bakplaat afkoel.